Afrikaans 1983

Psalms 44:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. U lewer ons uit: ons is soos slagskape.U verstrooi ons onder die nasies;

13. U gee u volk sommerso weg, vir niks;daar steek geen voordeel vir U in nie.

14. U stel ons bloot aan die veragting van ons bure,aan die spot en beskimping van almal rondom ons.

15. U maak ons tot 'n bespotting onder die nasies,'n minagting onder die mense.

16. Ek gaan dag vir dag gebuk onder die skande,en die smaad is op my gesig te lees,