Afrikaans 1983

Psalms 44:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Gedig.

2. Met ons eie ore het ons gehoor, o God,ons vaders het ons dit vertel,dat U in die ou dae,in die gryse verlede, 'n groot daad gedoen het.

3. U het nasies met u eie hand verdryf,maar u volk 'n vaste woonplek gegee.U het nasies se mag verbreekom aan u volk vryheid te gee.

4. Dit is nie met die swaarddat u volk die land in besit geneem het nie,nie deur hulle eie magdat hulle die oorwinning behaal het nie,maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid,omdat U hulle liefgehad het.

5. U is my koning, o God;gee tog aan Jakob se nageslag die oorwinning.

6. Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan,in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan.

7. Op my boog vertrou ek nieen my swaard sal my die oorwinning nie gee nie,

8. want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee heten ons vyande die aftog laat blaas het.

9. Ons het God die hele dag deur geprysen sy Naam altyddeur geloof. Sela