Afrikaans 1983

Psalms 42:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. waar die waters teen mekaar raasen u waterstrome bruis.U het golf na golf oor my laat slaan.

9. Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyken sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing,'n gebed tot die God van my lewe.

10. Ek wil vir God sê:“My Rots, waarom het U my vergeet?Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”

11. Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spoten dag na dag vir my sê:“En waar is jou God nou?”

12. Waarom is ek so in vertwyfelingen waarom kerm ek so?Vertrou op God!Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.Hy is my helper en my God!