Afrikaans 1983

Psalms 41:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Almal wat my haat, staan en fluister oor my,hulle wens my net die ergste toe:

9. dis 'n dodelike siekte wat hom getref het,waar hy nou daar lê, sal hy nie weer opstaan nie!

10. Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het,wat altyd by my geëet het,het my in die rug gesteek.

11. Wees U my genadig, Here, en laat my hier opstaan,dat ek aan hulle kan doen wat hulle aan my gedoen het.

12. Dit weet ek: U het my lief,my vyand sal nie oor my triomfeer nie.

13. Ek is onskuldig, U hou my vasen laat my altyd by U bly.

14. Aan die Here, die God van Israel,kom die lof toe tot in die allerverste toekoms.Amen, ja, amen.