Afrikaans 1983

Psalms 40:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekomsoos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.

9. Om u wil te doen, my God, is my een begeerte,u woord is my hele lewe.”

10. Met blydskap het ek aan die gemeente vertelU het my verlos.Ek het nie stilgebly nie,Here, U weet dit!

11. Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie,ek het gepraat oor u trou en u hulp.Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie.

12. Moet my tog nie uitsluit van u ontferming nie, Here,laat u liefde en trou my voortdurend bewaak,

13. want ramp op ramp het my oorval,my ongeregtighede het my ingehaal;ek weet nie meer waarheen nie.Hulle is meer as die hare op my kop;ek is moedeloos.

14. Here, red my tog asseblief!Here, kom my tog gou te hulp!

15. Laat dié wat my lewe wil neem, self in die ellende beland,teleurgestel in hulle verwagting;laat dié wat graag my ondergang wil sien,op die vlug slaan en beskaamd staan.

16. Laat dié wat my spot,verbysterd staan omdat hulle self in die ellende beland het.

17. Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U,laat dié wat op u hulp staat maak,altyddeur sê: “Die Here is groot!”

18. Ek is hulpeloos en arm,maar die Here dink aan my.U is my hulp en my redder;my God, moet tog nie talm nie!