Afrikaans 1983

Psalms 40:2-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek het gesmag na die hulp van die Here.Hy het na my toe afgebuigen my hulpgeroep gehoor.

3. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood,uit die slymerige modder,my op 'n rots laat staanen my weer op vaste grond laat loop.

4. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê,'n loflied vir ons God.Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring,hulle sal op die Here vertrou!

5. Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stelen hom nie wend tot duister magteen tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.

6. Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen;U dink altyd aan ons;daar is niemand soos U nie.Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,maar dit is te veel om op te noem.

7. Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie,nie brandoffers of sondeoffers wat U vra nie;U wil gehoorsaamheid hê.

8. Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekomsoos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.

9. Om u wil te doen, my God, is my een begeerte,u woord is my hele lewe.”

10. Met blydskap het ek aan die gemeente vertelU het my verlos.Ek het nie stilgebly nie,Here, U weet dit!

11. Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie,ek het gepraat oor u trou en u hulp.Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie.

12. Moet my tog nie uitsluit van u ontferming nie, Here,laat u liefde en trou my voortdurend bewaak,

13. want ramp op ramp het my oorval,my ongeregtighede het my ingehaal;ek weet nie meer waarheen nie.Hulle is meer as die hare op my kop;ek is moedeloos.

14. Here, red my tog asseblief!Here, kom my tog gou te hulp!