Afrikaans 1983

Psalms 40:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Here, red my tog asseblief!Here, kom my tog gou te hulp!

15. Laat dié wat my lewe wil neem, self in die ellende beland,teleurgestel in hulle verwagting;laat dié wat graag my ondergang wil sien,op die vlug slaan en beskaamd staan.

16. Laat dié wat my spot,verbysterd staan omdat hulle self in die ellende beland het.

17. Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U,laat dié wat op u hulp staat maak,altyddeur sê: “Die Here is groot!”

18. Ek is hulpeloos en arm,maar die Here dink aan my.U is my hulp en my redder;my God, moet tog nie talm nie!