Afrikaans 1983

Psalms 4:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Daar is baie wat sê:“Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?”Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons!

8. U het my reeds groter vreugde laat beleweas wat daar is by mensewat koring en wyn in oorvloed het.

9. Nou sal ek onbesorg gaan lêen dadelik aan die slaap raak,want, Here, U alleen laat my veilig woon.