Afrikaans 1983

Psalms 4:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Dawid.

2. O God wat aan my reg verskaf,antwoord my as ek roep.Toe ek in die nood was,het U my bevry.Wees my ook nou genadigen hoor my gebed!

3. Hoe lank gaan julle my eer nog skend, mense,gaan julle valsheid liefhêen voorkeur gee aan leuens? Sela

4. Besef tog dat die Here wonders gedoen hetvir dié wat aan Hom getrou is.Die Here hoor as ek na Hom roep.

5. As jy ontsteld raak, moenie sondig nie;dink in stilte daaroor na as jy gaan lê,en laat dit daarby! Sela

6. Julle moet die offers bringwat aan julle voorgeskryf is,en julle moet op die Here vertrou.