Afrikaans 1983

Psalms 38:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. want my lyf brand van die koorsen daar is nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie.

9. Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan,my hart jaag en ek brul van die pyn.

10. U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie.

11. My hart jaag, my krag het ingegee,ek kan nie eers meer sien nie.

12. My siekte hou my familie en my vriende ver van my af,en my bure kom nie naby my nie.

13. Dié wat my lewe soek, stel vir my strikke,dié wat daarop uit is om my kwaad aan te doen,praat al klaar van my ondergang;die hele dag deur dink hulle vals beskuldigings teen my uit.

14. Maar ek hou my doof, ek hoor niks,ek hou my stom, ek maak my mond nie oop nie.

15. Ek het geword soos 'n man wat niks hoor nieen wat niks het om te antwoord nie.