Afrikaans 1983

Psalms 38:11-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. My hart jaag, my krag het ingegee,ek kan nie eers meer sien nie.

12. My siekte hou my familie en my vriende ver van my af,en my bure kom nie naby my nie.

13. Dié wat my lewe soek, stel vir my strikke,dié wat daarop uit is om my kwaad aan te doen,praat al klaar van my ondergang;die hele dag deur dink hulle vals beskuldigings teen my uit.

14. Maar ek hou my doof, ek hoor niks,ek hou my stom, ek maak my mond nie oop nie.

15. Ek het geword soos 'n man wat niks hoor nieen wat niks het om te antwoord nie.

16. Ek vertrou op U, Here,U sal antwoord, Here my God.

17. Ek vra U:“Moenie dat hulle hulle verlustig in my leeden hulle groot hou as die lyding vir my te veel word nie.”

18. Ek kan dit byna nie meer uithou nie,ek is nooit sonder pyn nie.

19. Ek bely my ongeregtigheid,my sonde kwel my.

20. My vyande is vol lewenskragen daar is so baie wat my sonder rede haat,

21. wat my kwaad vir goed vergelden teen my is omdat ek die goeie najaag.

22. Moet my tog nie verlaat nie, Here,my God, moenie ver van my af bly nie!

23. Maak tog gou om my te help,Here, my Redder!