Afrikaans 1983

Psalms 37:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die skelms sal uitgeroei word,maar dié wat hulle vertroue in die Here stel,sal in besit bly van die land.

10. Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;'n mens sal hom soek waar hy was,maar hy sal nie daar wees nie.

11. Dié wat nou verdruk word, sal die land besiten hulle verlustig in hulle welvaart.

12. Die goddelose soek die ondergang van die regverdigeen bedreig sy lewe.

13. Die Here lag vir die goddeloses,want Hy sien hulle dag kom.

14. Die goddeloses trek die swaard en span die boogom die hulpelose en die arme dood te maak,om dié wat die regte pad loop, te vermoor.

15. Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte trefen hulle boë sal stukkend gebreek word.