Afrikaans 1983

Psalms 36:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van Dawid, die dienaar van die Here.

2. In die hart van die goddelosehet die opstand teen God die laaste woord.Die goddelose het geen vrees vir God nie

3. en praat net goed oor homself.Hy is altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat.

4. As hy praat, is dit kwaadwillig en vals;verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie.

5. Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit;hy bly op 'n pad wat nie reg is nie;wat sleg is, verwerp hy nie.