Afrikaans 1983

Psalms 35:9-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Maar ek sal juig in die Here,ek sal jubel oor die redding wat Hy bring.

10. My hele wese sê: “Here, wie is soos Uwat die swakke bevry van dié wat sterker is,die swakke en die arme van dié wat hom beroof?”

11. Dit is kwaadwillige getuies wat teen my optree.Hulle beskuldig my van dinge waarvan ek niks weet nie.

12. Hulle vergeld my kwaad vir goed,hulle gebruik elke geleentheid om my by te kom.

13. En tog, toe húlle siek was,het ek getreur soos oor 'n sterfgeval:rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie.Ek het sonder ophou vir hulle gebid

14. soos vir 'n vriend of 'n broer.Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur,krom en in die rou.

15. Maar nou dat ek in die moeilikheid is,is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my.Sonder dat ek weet waaroor,skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaaren hulle kry nie end nie.

16. Nou dat ek struikel, lag hulle daaroor;nou kom dreig hulle my.

17. Hoe lank, Here, sal U dit duld?Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mensewat my soos leeus bedreig.

18. Dan sal ek U in 'n volle vergadering danken voor die hele gemeente prys.