Afrikaans 1983

Psalms 34:6-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.

7. Ek is een van die ellendiges wat geroep het.Die Here het gehoor,uit al my benoudhede het Hy my gered.

8. Die Engel van die Here slaan sy laer oprondom dié wat die Here dien, en red hulle.

9. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.

10. Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

11. Selfs leeus ly gebrek en kry honger,maar wie die Here se hulp vra,kom niks kort van al die goeie dinge nie.

12. Kom, kinders, luister na my!Ek wil julle leer hoe om die Here te dien.

13. As iemand die lewe liefheten 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,

14. moet hy sy tong weerhou van kwaadpraaten sy lippe van leuens.

15. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,soek vrede en jaag dit na!

16. Die Here sorg vir die regverdigesen luister na hulle hulpgeroep.

17. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doenen vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.

18. As die regverdiges om hulp roep,hoor die Here hulleen red Hy hulle uit al hulle benoudhede.

19. Die Here is naby die gebrokenes,Hy help die moedeloses.

20. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref,die Here red hom uit almal.

21. Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige:geen been word gebreek nie.

22. Die kwaad wat die goddelose doen,bewerk sy eie ondergang:vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.