Afrikaans 1983

Psalms 34:18-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. As die regverdiges om hulp roep,hoor die Here hulleen red Hy hulle uit al hulle benoudhede.

19. Die Here is naby die gebrokenes,Hy help die moedeloses.

20. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref,die Here red hom uit almal.

21. Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige:geen been word gebreek nie.

22. Die kwaad wat die goddelose doen,bewerk sy eie ondergang:vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.

23. Die Here maak sy dienaars vry.Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie.