Afrikaans 1983

Psalms 34:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

11. Selfs leeus ly gebrek en kry honger,maar wie die Here se hulp vra,kom niks kort van al die goeie dinge nie.

12. Kom, kinders, luister na my!Ek wil julle leer hoe om die Here te dien.

13. As iemand die lewe liefheten 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,

14. moet hy sy tong weerhou van kwaadpraaten sy lippe van leuens.

15. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,soek vrede en jaag dit na!

16. Die Here sorg vir die regverdigesen luister na hulle hulpgeroep.

17. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doenen vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.

18. As die regverdiges om hulp roep,hoor die Here hulleen red Hy hulle uit al hulle benoudhede.

19. Die Here is naby die gebrokenes,Hy help die moedeloses.

20. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref,die Here red hom uit almal.

21. Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige:geen been word gebreek nie.