Afrikaans 1983

Psalms 34:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.

2. Ek sal die Here altyd weer prys,sy lof sal altyd op my lippe wees.

3. Ek sal die roem van die Here sing;dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.

4. Sing saam met my oor die grootheid van die Hereen laat ons saam sy Naam prys.

5. Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord,Hy het my gered uit alle doodsgevare.

6. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.

7. Ek is een van die ellendiges wat geroep het.Die Here het gehoor,uit al my benoudhede het Hy my gered.

8. Die Engel van die Here slaan sy laer oprondom dié wat die Here dien, en red hulle.