Afrikaans 1983

Psalms 33:15-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het,wat al hulle werk deurgrond.

16. Dit is nie deur 'n groot leër dat 'n koning wen nie,en nie deur groot krag dat 'n held behoue uitkom nie.

17. Dit is nie waar dat die perd die oorwinning geeen dat sy groot krag redding bring nie.

18. Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer,vir dié wat op sy mag vertrou

19. om hulle van die dood te reden hulle in die lewe te hou in hongersnood.

20. Ons vertrou op die Here:Hy is ons hulp en ons beskermer.

21. Ja, in Hom is ons hart bly,op sy heilige Naam vertrou ons.

22. Hou u liefde oor ons, Here,want ons stel ons vertroue in U.