Afrikaans 1983

Psalms 31:5-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,want U is my toevlug.

6. In u hande gee ek my lewe oor,want, Here, troue God, U het my vrygemaak.

7. Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode;my vertroue stel ek in die Here.

8. Ek wil jubel en juig oor u troue liefde:U was nie onverskillig teenoor my ellende nie;U het die bedreiging van my lewe raakgesien

9. en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie;U het my 'n veilige staanplek gegee.

10. Wees my genadig, Here, want ek is in die nood;van verdriet het my oë swak geword,ja, alles in my.

11. My lewe vergaan van kommeren my jare van swaarkry;deur my ellende word my krag geknaken teer my liggaam uit.

12. Ek is die spot van al my teëstanders,veral van my bure,'n verskrikking vir al my bekendes.Dié wat my op straat sien, vlug vir my.

13. Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is,ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

14. Ek hoor dreigemente van baie;dit dreig van alle kante af.Baie span teen my saamen smee planne om my lewe te neem.

15. Maar ek vertrou op U, Here,ek sê: U is my God.

16. My tye is in u hand.Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!