Afrikaans 1983

Psalms 31:18-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie.Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting,laat hulle die stilte van die doderyk ingaan.

19. Bring die leuenaars tot swye,dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat.

20. Hoe groot is u goedheid:dit is altyd daar vir dié wat U dien,U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.

21. Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense.U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig.

22. Aan die Here kom die lof toe,want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was.

23. Ek het in my angs gedink:Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp.Tog, U het geluister na my gesmeektoe ek na U om hulp geroep het.

24. Betuig julle liefde vir Hom,julle almal wat die guns van die Here geniet.Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is,maar dié wat teen Hom opstandig is,straf Hy swaar.

25. Wees dus sterk en hou goeie moed,julle almal wat julle vertroue in die Here stel.