Afrikaans 1983

Psalms 31:13-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is,ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

14. Ek hoor dreigemente van baie;dit dreig van alle kante af.Baie span teen my saamen smee planne om my lewe te neem.

15. Maar ek vertrou op U, Here,ek sê: U is my God.

16. My tye is in u hand.Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!

17. Verskyn tog tot my redding,red my deur u onfeilbare liefde.

18. Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie.Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting,laat hulle die stilte van die doderyk ingaan.

19. Bring die leuenaars tot swye,dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat.

20. Hoe groot is u goedheid:dit is altyd daar vir dié wat U dien,U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.