Afrikaans 1983

Psalms 27:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Die Here is my lig en my redder,vir wie sou ek bang wees?Die Here is my toevlug,vir wie sou ek vrees?

2. As misdadigers op my afstorm om my dood te maak,my teëstanders en my vyande,dan is dit juis húlle wat struikel en val.

3. Al sou 'n leër teen my stelling inneem,sal ek nie bang word nie.Selfs al sou die aanval op my begin,sal ek nog steeds vertroue hê.

4. Net een ding het ek van die Here gevraen dit sal ek najaag:dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woonom sy goedheid te beleween daaroor na te dink in sy tempel.