Afrikaans 1983

Psalms 26:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Toets my, Here, keur my,ondersoek my deur en deur.

3. Ek laat my deur u liefde leien ek lewe deur u trou.

4. Ek hou my nie op met bedrieërs nieen met agterbakse mense gaan ek nie om nie.

5. Ek vermy die geselskap van misdadigersen hou my nie op met goddeloses nie.

6. As 'n onskuldige, Here, was ek my handeen draai ek na u altaar toe

7. om my loflied te singen van al u wonders te vertel.

8. Here, u woonplek,die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.

9. Moet my tog nie saam met die sondaars,met die moordenaars laat omkom nie.

10. Daar is bedrog in hulle hande,hulle regterhande is vol omkoopgeld.