Afrikaans 1983

Psalms 26:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Laat reg aan my geskied, Here,want ek is onskuldig.Ek het op die Here vertrouen nie getwyfel nie.

2. Toets my, Here, keur my,ondersoek my deur en deur.

3. Ek laat my deur u liefde leien ek lewe deur u trou.

4. Ek hou my nie op met bedrieërs nieen met agterbakse mense gaan ek nie om nie.

5. Ek vermy die geselskap van misdadigersen hou my nie op met goddeloses nie.

6. As 'n onskuldige, Here, was ek my handeen draai ek na u altaar toe

7. om my loflied te singen van al u wonders te vertel.