Afrikaans 1983

Psalms 25:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Ter wille van u Naam, Here,vergewe my my sonde,want dit is groot.

12. As iemand die Here dien,leer Hy hom watter pad hy moet kies,

13. sodat hy voorspoed sal genieten sy nageslag die land sal bly bewoon.

14. Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroueen maak sy verbond aan hulle bekend.

15. My oë is altyd op die Here gerig,want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.

16. Sien my in genade aan, Here,want ek is eensaam en verstote.

17. Ek verkeer in die allergrootste nood;bevry my tog uit my ellende.

18. Kyk hoe sleg gaan dit met myen hoe swaar kry ek.Vergewe tog al my sondes.