Afrikaans 1983

Psalms 25:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Tot U, Here, rig ek my,

2. my God, op U vertrou ek.Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie,laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie.

3. Niemand wat sy verwagting in U stel,sal beskaam word nie.Dié wat nie op U vertrou nie,hulle kom in die skande.

4. Maak my u wil bekend, Here,leer my u paaie.

5. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,want U is God, my redder.In U stel ek elke dag my verwagting.

6. Dink aan die liefde en trou, Here,wat U van altyd af betoon het.

7. Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie.Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.