Afrikaans 1983

Psalms 25:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Tot U, Here, rig ek my,

2. my God, op U vertrou ek.Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie,laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie.

3. Niemand wat sy verwagting in U stel,sal beskaam word nie.Dié wat nie op U vertrou nie,hulle kom in die skande.

4. Maak my u wil bekend, Here,leer my u paaie.

5. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,want U is God, my redder.In U stel ek elke dag my verwagting.

6. Dink aan die liefde en trou, Here,wat U van altyd af betoon het.

7. Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie.Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.

8. Die Here is goed en regverdig:Hy wys selfs vir sondaars die pad aan,

9. Hy laat aan hulpeloses reg geskieden Hy leer hulle sy pad.

10. Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandelmet dié wat sy verbond en verordeninge bewaar.

11. Ter wille van u Naam, Here,vergewe my my sonde,want dit is groot.

12. As iemand die Here dien,leer Hy hom watter pad hy moet kies,

13. sodat hy voorspoed sal genieten sy nageslag die land sal bly bewoon.

14. Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroueen maak sy verbond aan hulle bekend.

15. My oë is altyd op die Here gerig,want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.