Afrikaans 1983

Psalms 24:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. want Hy het die fondamente daarvan in die see gelêen dit stewig gevestig in die waters.

3. Wie mag die berg van die Here opgaanen wie mag in sy heiligdom gaan staan?

4. Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.

5. So iemand sal van die Here seën ontvang,en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.

6. Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,is die geslag van Jakob. Sela

7. Verbly julle, poorte,wees bly, eeue-oue deure,want die magtige Koning wil ingaan!

8. Wie is hierdie magtige Koning?Die Here, sterk en geweldig,die Here, oorwinnaar in elke stryd.