Afrikaans 1983

Psalms 22:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Maar ek is 'n wurm, nie 'n mens nie.Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag.

8. Almal wat my sien, spot my,hulle steek vir my tong uiten knik met voldoening die kop en sê:

9. “Laat dit aan die Here oor!Laat Hý hom red, laat Hý hom bevryas Hy dan so baie van hom hou.”

10. U het my die eerste lewenslig laat sien,my veilig laat rus aan die bors van my moeder.

11. Van my geboorte af is ek onder u sorg,van die begin van my lewe af is U my God.

12. Moet tog nie so ver van my af weg bly nie,want die nood is nabyen daar is niemand wat help nie.