Afrikaans 1983

Psalms 22:24-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Julle wat die Here dien, prys Hom!Vereer Hom, nageslag van Jakob!Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel!

25. Die nood van die hulpelosehet Hy nie verontagsaam en gering geskat nie,Hom daarvan nie teruggetrek nie,maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor.

26. My loflied in die volle vergadering kom van Hom af,my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien.

27. By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet,en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys.Mag hulle lank en gelukkig lewe.

28. Mense oor die hele wêreld sal die Here erkenen hulle tot Hom bekeer.Alle volke sal Hom as koning erken,

29. want die koningskap behoort aan die Here;Hy heers oor die volke.

30. Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneemen Hom as koning erken,ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel.

31. Die nageslag sal Hom dien,en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.

32. Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet wordvan hierdie verlossingsdaad getuig:die Here het dit gedoen.