Afrikaans 1983

Psalms 22:13-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. 'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel,soos beeste uit Basan staan hulle my toe.

14. Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.

15. Ek is soos uitgestorte water,al my bene het uitmekaar geval,my hart het soos was geword,dit smelt weg in my.

16. Ek is so min werd soos 'n potskerf,my tong kleef aan my verhemelte,U laat lê my asof ek dood is.

17. Soos honde omsingel hulle my,die bende misdadigers sak op my toe,hulle bind my hande en voete vas.

18. Al wat been in my is, kan ek tel;hulle kyk na my met leedvermaak.

19. Hulle verdeel my klere onder mekaaren trek lootjies oor my mantel.

20. En U, Here — moet tog nie so ver bly nie,Bron van my krag, help my tog gou!

21. Red my van die swaard,my kosbare lewe uit die mag van die honde.

22. Red my uit die bek van die leeuen tussen die horings van die wilde beeste uit.U het my gebed verhoor!

23. Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente,U in die volle vergadering prys.