Afrikaans 1983

Psalms 22:10-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. U het my die eerste lewenslig laat sien,my veilig laat rus aan die bors van my moeder.

11. Van my geboorte af is ek onder u sorg,van die begin van my lewe af is U my God.

12. Moet tog nie so ver van my af weg bly nie,want die nood is nabyen daar is niemand wat help nie.

13. 'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel,soos beeste uit Basan staan hulle my toe.

14. Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.

15. Ek is soos uitgestorte water,al my bene het uitmekaar geval,my hart het soos was geword,dit smelt weg in my.

16. Ek is so min werd soos 'n potskerf,my tong kleef aan my verhemelte,U laat lê my asof ek dood is.

17. Soos honde omsingel hulle my,die bende misdadigers sak op my toe,hulle bind my hande en voete vas.

18. Al wat been in my is, kan ek tel;hulle kyk na my met leedvermaak.

19. Hulle verdeel my klere onder mekaaren trek lootjies oor my mantel.