Afrikaans 1983

Psalms 22:1-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. 'n Psalm van Dawid.

2. My God, my God, waarom het U my verlaaten bly U ver as ek om hulp roep?

3. My God, ek roep bedags en U antwoord nie,ook snags, maar ek kry geen rus nie.

4. U is tog die Heiligewat woon waar die lofsange van Israel weerklink!

5. Op U het ons voorvaders vertrou.Hulle het vertrou en U het hulle gered.

6. Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry;op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.

7. Maar ek is 'n wurm, nie 'n mens nie.Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag.

8. Almal wat my sien, spot my,hulle steek vir my tong uiten knik met voldoening die kop en sê:

9. “Laat dit aan die Here oor!Laat Hý hom red, laat Hý hom bevryas Hy dan so baie van hom hou.”

10. U het my die eerste lewenslig laat sien,my veilig laat rus aan die bors van my moeder.

11. Van my geboorte af is ek onder u sorg,van die begin van my lewe af is U my God.

12. Moet tog nie so ver van my af weg bly nie,want die nood is nabyen daar is niemand wat help nie.

13. 'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel,soos beeste uit Basan staan hulle my toe.

14. Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.

15. Ek is soos uitgestorte water,al my bene het uitmekaar geval,my hart het soos was geword,dit smelt weg in my.

16. Ek is so min werd soos 'n potskerf,my tong kleef aan my verhemelte,U laat lê my asof ek dood is.

17. Soos honde omsingel hulle my,die bende misdadigers sak op my toe,hulle bind my hande en voete vas.