Afrikaans 1983

Psalms 2:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. “Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.”

7. Ek wil vertel wat die Here aangekondig het.Hy het vir my gesê:“Jy is my seun,van vandag af is Ek jou Vader.

8. Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom,die hele aarde as jou besitting.

9. Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter,hulle flenters slaan soos 'n kleipot.”

10. Wees dan nou verstandig, konings,wees gewaarsku, regeerders van die aarde!

11. Julle moet die Here met ontsag dien,Hom met vrees en bewing toejuig

12. en Hom onderdanig wees,sodat Hy nie toornig worden julle op die pad omkom nie,want sy toorn ontvlam gou.Dit gaan goed met almalwat by Hom skuiling soek.