Afrikaans 1983

Psalms 19:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Aan die een kant van die hemel kom hy open aan die ander kant gaan hy onder,en niks ontkom aan sy gloed nie.

8. Die woord van die Here is volmaak:dit gee lewe.Die onderwysing van die Here is betroubaar:dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.

9. Die bevele van die Here dui die regte koers aan:dit bring blydskap.Die gebod van die Here is helder:dit gee insig.

10. Die eise van die Here vir sy diens is goed:dit staan altyd vas.Die bepalings van die Here is reg:elkeen van hulle is regverdig.

11. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud,soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek.

12. U dienaar laat hom daardeur leer.Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning.