Afrikaans 1983

Psalms 19:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Die eise van die Here vir sy diens is goed:dit staan altyd vas.Die bepalings van die Here is reg:elkeen van hulle is regverdig.

11. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud,soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek.

12. U dienaar laat hom daardeur leer.Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning.

13. Wie sien sy eie dwalinge raak?Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie.

14. Weerhou my van opsetlike sondes,laat hulle nie oor my heers nie.Dan sal ek onberispelik weesen vry van hierdie groot sonde.

15. Mag wat ek sê en wat ek dinktog vir U aanneemlik wees,Here, my Rots en my Verlosser.