Afrikaans 1983

Psalms 19:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2. Die hemel getuig van die mag van God,die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

3. Die een dag gee die berig deur aan die anderen die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

4. Sonder spraak en sonder woorde,onhoorbaar is hulle stem.

5. Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêrelden hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.