Afrikaans 1983

Psalms 18:6-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Bande van die doderyk het my vasgetrek,strikke van die dood het my bedreig.

7. In my nood roep ek na die Here,ja, ek roep om hulp na my God.In sy paleis hoor Hy my geroep.Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my.

8. Die aarde het geskud en gebewe,die fondamente van die berge het getril en geskud,want Hy was vertoorn.

9. Rook het uit sy neus getrek,vuur uit sy mond het alles verteer,gloeiende kole uit sy binneste.

10. Hy het die hemel afgebuig en afgekom,onder sy voete was duisternis.

11. Hy het op 'n gerub geklim en gevlieg;op die vleuels van die wind het Hy nadergesweef.

12. Hy het Hom in donkerte gehul,donker waters en wolkemassas was sy bedekking.

13. Uit die gloed voor Hom het wolke getrek,hael en weerligstrale.

14. Die Here het dit uit die hemel laat dreun,die Allerhoogste het sy stem laat hoorin hael en weerligstrale.

15. Hy het sy pyle afgeskieten die vyand uitmekaar gejaag,hulle met 'n menigte weerligstrale op loop gejaag.