Afrikaans 1983

Psalms 18:42-51 Afrikaans 1983 (AFR83)

42. Hulle roep om hulpen daar is niemand wat help nie;hulle roep selfs na die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maak hulle fyn soos stof in die wind,ek laat hulle wegspat soos modder in die strate,ja, ek vermorsel hulle.

44. U het my gered van opstandige mense,my as hoof van vreemde nasies aangestel.'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.

45. Wie ook al van my verneem, gehoorsaam my.Vreemde volke kruip voor my.

46. Hulle skrik en kom bewend uit hulle forte uit.

47. Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is.Ek prys my God wat my gered het.

48. Dit is God wat my die oorwinning gee,wat volke aan my onderwerp.

49. Hy red my van my vyande.Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders,U bevry my van geweldenaars.

50. Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here,tot eer van u Naam 'n lofpsalm sing!

51. Dit is Hy wat aan sy koning groot oorwinnings geeen trou aan sy gesalfde betoon,aan Dawid en sy nageslag vir altyd!