Afrikaans 1983

Psalms 17:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Gebed van Dawid.Luister tog, Here, na my regverdige saak,let op my hulpgeroep.Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid.

2. U sal uitspraak lewer in my guns:u oë sien immers self wat reg is.

3. As U my sou toets,my selfs in my slaap sou ondersoek,my deeglik sou keur,sou U niks verkeerds vind nie.

4. Oor die doen en late van mensehet ek niks verkeerds gesê nie:ek het my aan u bevel gehou.

5. Elke stap van my was vasop die koers wat U aangewys het.My voete het nie daarvan afgewyk nie.

6. Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!Luister tog na my en hoor wat ek sê.

7. Toon u wonderlike trou,U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.

8. Beskerm my soos die appel van u oog,steek my weg in die skaduwee van u vleuels

9. vir die goddeloses wat my wil oorweldig,die doodsvyande wat my omsingel.

10. Sonder enige meegevoel,met monde wat aanmatigende dinge sê,omsingel hulle my

11. waar ek ook gaan.Hulle soek my ondergang.

12. Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur,soos jong leeus wat iets voorlê.