Afrikaans 1983

Psalms 149:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Sy troue dienaars juig oor sy mag,jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê.

6. Die roem van God klink uit hulle mond,en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,

7. waarmee hulle die nasies sal verslaanen die volke sal straf.

8. Hulle sal die konings van daardie nasies met kettings vasbind,hulle aansienlikes met ysterboeie,

9. en die vonnis aan hulle voltrek soos dit vasgestel is.Dit sal die triomf wees van al die troue dienaars van God.Prys die Here!