Afrikaans 1983

Psalms 149:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Prys die Here!Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars.

2. Laat Israel hom verheug in sy Maker,laat die volk van Sion jubel oor die Here hulle koning.

3. Laat hulle sy Naam prys met koordanse,laat hulle speel tot sy eer op tamboeryn en lier.

4. Die Here is goed vir sy volk,Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.