Afrikaans 1983

Psalms 148:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee,vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie.

7. Prys die Here van die aarde af,seediere en al die oseane,

8. weerlig en hael, sneeu en miswolke,stormwind wat sy opdrag gehoorsaam,

9. berge, al die heuwels,vrugtebome, al die seders,

10. wilde diere, al die vee,al wat kruip of vlieg,

11. konings van die aarde, alle volke,vorste, alle regeerders van die aarde,

12. jong manne en meisies,grysaards saam met seuns!

13. Laat hulle die Naam van die Here prys,want sý Naam alleen is hoog verhewe,sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel.

14. Hy het aan sy volk mag gegee.Dit is die roem van al sy troue dienaars,die Israeliete, die volk naby wie Hy is.Prys die Here!