Afrikaans 1983

Psalms 147:8-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy oordek die hemel met wolke,Hy voorsien reën vir die aardeen laat gras op die bergland uitspruit.

9. Hy gee aan die diere hulle weidingen versorg die jong kraaie wat om kos skreeu.

10. Die Here het niks aan die krag van 'n perdof die liggaamskrag van 'n soldaat nie,

11. maar Hy stel prys op dié wat Hom dien,dié wat hulle hoop vestig op sy trou.

12. Loof die Here, Jerusalem,prys jou God, Sion!

13. Hy het die sluitbalke van jou poorte sterk gemaak,jou inwoners geseën,

14. Hy het in jou grondgebied vrede gegee,jou met die beste graan gevoed.

15. As Hy die aarde 'n bevel gee,word dit vinnig uitgevoer.

16. Hy gee sneeu so wit soos wol,Hy strooi ryp uit soos as,

17. Hy laat dit haelstene reën.Wie is bestand teen die koue wat Hy stuur?

18. Maar op sy bevel smelt alles weer;as Hy die warm wind laat waai, dan loop die waters.

19. Hy maak sy woord aan Jakob bekend,sy voorskrifte en bepalings aan Israel.

20. Dit het Hy vir geeneen van die ander nasies gedoen nie;hulle ken sy bepalings nie.Prys die Here!