Afrikaans 1983

Psalms 147:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Prys die Here!Dit is goed om tot lof van ons God te sing,dit is 'n genot om die loflied te sing wat Hom toekom.

2. Dit is die Here wat Jerusalem weer opbou,wat die verstrooides van Israel bymekaarbring.

3. Hy genees die gebrokenes van harten verbind hulle wonde.

4. Hy besluit oor die getal van die sterreen gee elkeen 'n naam.

5. Ons Here is groot en magtig,sy kennis is onbegrens.

6. Die Here laat die hulpeloses weer opstaan,maar die goddeloses verneder Hy tot in die grond.

7. Sing vir die Here 'n danklied,sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier.

8. Hy oordek die hemel met wolke,Hy voorsien reën vir die aardeen laat gras op die bergland uitspruit.

9. Hy gee aan die diere hulle weidingen versorg die jong kraaie wat om kos skreeu.