Afrikaans 1983

Psalms 145:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondigen oor u reddingsdade jubel.

8. Genadig en barmhartig is die Here,lankmoedig en vol liefde.

9. Die Here is vir almal goeden barmhartig oor alles wat Hy geskep het.

10. Almal wat deur U geskep is, loof U, Here,en u troue dienaars prys U!

11. Hulle vertel van u koninklike magen getuig van u groot krag.

12. Die mense moet weet van sy krag,van sy koninklike mag en majesteit.

13. U koningskap is 'n koningskap vir alle tye,u heerskappy strek oor die geslagte heen.

14. Die Here help almal op wat geval het.Hy ondersteun dié wat bedruk is.