Afrikaans 1983

Psalms 144:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. U wat aan konings die oorwinning skenk,wat u dienaar Dawid red.

11. Red my van die swaard wat my bedreig,bevry my uit die mag van vreemdelingewie se woorde en dade leuens en bedrog is.

12. Mag ons seuns wees soos plantewat hoog groei in hulle jeug,ons dogters soos hoekpilare,uitgebeitel soos vir 'n paleis.

13. Mag ons skure vol weesen oorloop van kant tot kant.Mag ons kleinvee in hulle duisende aanteel,in hulle tienduisende vermenigvuldig op ons weivelde.