Afrikaans 1983

Psalms 144:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Geloof sy die Here, Hy is my rots.Hy leer my hande om oorlog te maak,my vingers om te veg.

2. U is my krag en my skuilplek,my veilige vesting en my redder,my beskermer by wie ek skuil,wat my volk aan my onderdanig maak.

3. Here, wat is 'n mens dat U hom sou wil ken,'n mensekind dat U aan hom sou dink?

4. 'n Mens, hoe verganklik is hy tog:sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.