Afrikaans 1983

Psalms 143:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Ek dink aan die verre verlede,ek peins oor alles wat U gedoen heten oor die werk van u hande dink ek na.

6. Ek strek my hande uit in gebed na U toe,ek is voor U soos 'n uitgedorde land. Sela

7. Antwoord my tog gou, Here,ek is heeltemal gedaan.Moet tog nie van my af wegkykdat ek word soos dié wat sterwe nie.

8. Laat my elke môre u liefde ondervind,want in U stel ek my vertroue.Wys my die pad wat ek moet loop,want my hoop is op U gevestig.

9. Red my van my vyande, Here,want by U skuil ek.

10. Leer my om u wil te doen, want U is my God!Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.

11. Ter wille van u Naam, Here, laat my lewe.U is regverdig, red my uit die nood.

12. Vernietig in u trou my vyande,laat al my teëstanders omkom,want ek is u dienaar.